Mopani Ruskamp

Mopanie Ruskamp is geleë op die oosterlike oewer van die manjifieke Pioneer Dam, en het klip, hout en grasdak hutte wat of oor die dam uitkyk, of omring is deur Mopanie bos. Hierdie natuurlike materiale meng mooi in by die omgewing.

Die uitsig oor die dam is verseker een van die mooiste in die hele Park.

Mopani is gebou in 1992, en daarom een van die nuutste ruskampe in die Kruger.

Mopani bied oggend- en aand wildsritte aan, begeleide staproetes, en 'n oornag skuiling aan besoekers.

Daar is ook 'n skemerkelkie kroeg, restaurant, winkel, swembad, posbus en petrolstasie beskikbaar.

Geskep: ; Laas opgedateer: