Shipandani Oornag Skuiling

Shipandani Oorslaap Skuiling is geleë omtrent 3km suid van Mopani op die Tsendze Rivier, en is 'n unieke akkommodasie fasiliteit waar gaste kan voel dat hulle deel is van die natuur deur Afrika in sy suiwerste vorm te ervaar.

Shipandani is'n skuiling gedurende die dag en 'n wegkruipplek in die nag waar groot troppe buffels en baie olifantbulle gereeld in die area is, net meters van waar mens slaap.

Akkommodasie

'n Oorslaap skuiling is 'n unieke ondervinding, eksklusief beskikbaar aan gaste vanaf 'n halfuur voordat die hekke sluit en moet weer ontruim word 'n halfuur voordat hekke oopmaak.

Dit voorsien die geleentheid aan gaste om die algehele privaatheid van die skuiling te geniet, aangesien die skuiling as 'n geheel geboek moet word ( 'n minimum van 2 en 'n maksimum van 6 gaste op 'n keer).

Slaap Eenhede

Gedurende die aand kan eenhede afgeslaan word om 'n ligte bed basis te vorm. Hierdie word deur die dag aan die binnemuur van die skuiling vasgehaak. Matrasse word gestoor in 'n kas in die skuiling. Beddegoed en eetgerei is beskikbaar by Ontvangs sodra die deposito betaal word. Elke beddegoed sak bestaan uit 'n duvet, kussing, duvet oortreksel, laken, matrasbeskermer en kussingsloop.

'n Omgewings toilet is beskikbaar vir oornag gaste in 'n aparte area en is versteek in die skuiling omtrek.

Leef Area

Die leefarea bestaan uit 'n boma met braai fasiliteite. Daar is geen elektrisiteit nie, maar twee herlaaibare lampe, wat kan werk vir 5 ure, word voorsien op versoek.Bring asseblief ook u eie beligting.

Net die area reg rondom die skuilng is omhein en gaste word versoek om ten alle tye versigtig te wees. Moenie die skuiling verlaat nie.

Eetgerei en borde word voorsien. Die skuiling is ten volle selfversorgend en gaste word aangeraai om hul eie kos, hout en water te bring.

Shipandani Oorslaap skuiling word bestuur deur die Mopani Kamp en het geen Ontvangs area nie. Gaste moet aanmeld by Mopani om in te boek en die sleutels, beddegoed, braairooster en lampe te ontvang.

Akkommoasie by Shipandani word aanbeveel vir avontuurlustige gaste wat op soek is na 'n primitiewe, na aan die natuur, selfversorgende bosveld ondervinding.






Geskep: ; Laas opgedateer: