S36
Nhlanguleni Road

Die naam Nhlanguleni is verkry van die Shangaan naam vir gwarrie bos, wat ook bekendstaan as die "tandeborselboom". Die takkies van die bos kan verdeel word om soos 'n borsel te lyk en kan dan as 'n natuurlike tandeborsel gebruik word.

Hierdie pad bestaan meestal uit gemengde boswilg, en op hierdie 68km lang grondpad kan mens 'n paar ontspanne ure spandeel, want daar is gewoonlik nie baie ander karre op die pad nie.

Daar is twee piekniek areas op die pad, die Muzandzeni Piekniekplek, net 9km van die afdraai en die Nhlanguleni Piekniekplek, meer aan die einde van die pad.

Op hierdie roete kan mens meestal kameelperd, buffel, zebra, vlakvark en kudu sien, maar leeus is nie ongewoon nie.

Langs die pad is 'n paar watergate, sowel as die Lugmagdam, waar troppe olifante soms gesien word waar hulle afkoel.

Geskep: ; Laas opgedateer: