S51
Sable Dam road

Die S51, Sable Dam Ompad is 7km van die Phalaborwa Hek. Die ompad gaan deur mopanieveld en 'n paar kilometer van die afraai is die Sable dam. Daar is gewoonlik baie diere aktiwiteit en voellewe rondom die dam. Olifante, buffles, leeus, krokodille en seekoeie is algemeen in die area en luiperds word ook somtyds gesien. Visarende, rooipootelsie, Afrikaanse Koekoek en duikers is van die voels wat van die skuiling oorkant die dam gesien kan word. Die skuiling kan gebruik word vir oorslaap gaste as reelings met die Park getref word.

Die S51 gaan verby Vudogwa Koppie en die Masorini bouval kan gesien word van die piekniek area af.

Geskep: ; Laas opgedateer: