H2-2
Voortrekker Road (Pretoriuskop to Afsaal)

Die Voortrekker pad was gebruik deur Carolus Trichardt, die seun van die Voortrekker Louis Trichardt.

Hy was in 1849 aangestel deur die Transvaal Regering in daardie tyd om 'n gereelde roete tussen die Noordelike interior en Delagoa Baai te ontwikkel.

Albasini se karavane het hierdie roete die meeste gebruik. Oor die jare het sy portiere tonne goedere van die kus af binneland to gebring en weer vragte ivoor kus toe vervoer. Die handelaar Fernandes das Neves, was vergesel deur Albasini se karavane en het in 1860 gerapporteer dat dit 24 uur neem om die 250 myl lange reis tussen die kus en Pretoriuskop te voltooi.

Die Voortrekker pad was in 1896 verbeter deur die handelaar Alois Nelmapius om voorsiening te maak vir die vervoer van goedere na Lydenburg en Mac Mac, waar goud ontdek was. Die pad was gereeld gebruik deur transportryers wat op pad was na Mosambiek (daardie tyd bekend as Portugese Oos Afrika).

Die pad daal van die bergagtige Pretoriuskop suurveld na die rollende heuwels van gemengde boswilg.

Dit was op hierdie pad wat Jock van die Bosveld gebore is. Jock se storie is deur sy eienaar, Sir Percy Fitzpatrick geskryf. Hy was 'n voormalige transportryer, wat 'n politikus en besigheidsmand geword het in die vroeë 20ste eeu.

Langs hierdie pad kan mense nog die heining sien van die boma wat gebruik was om die eerste wit Renoster verplasing in die Krugerwildtuin te doen, waar 2 bulle en 2 koeie losgelaat is.

Skipberg

Die hoofbaken op hierdie pad is Skipberg (662m) Die berg was gebruik as 'n navigasie hulp by vroeë pioniers en reisigers. Dit is geologies apart van die omringende graniet, omdat dit gemaak is van gabbro, 'n sterker familielid van basalt.

Skipberg was gebruik as a fort deur die Sotho volk in die 18de eeu om hulself en hul vee te beskerm deur Swazi plunderaars wat ingekom het van die Suide.

Sotho soldate het hulle families en vee in die grotte weggesteek bo aan Skipberg en dan rotse gebruik om te keer dat die Swazis bo uitkom.

Aan die voet van die berg was 'n winkel wat bestuur was deur die stamhoop Manungu. Dit was deel van Joao Albasini se handels rykdom.
.






Geskep: ; Laas opgedateer: