Pathfinda
ontdek jou geheime plek

Wat landskappe en wildsbesigtiging aan betref, is een van die Kruger se mees behaaglike roetes die pad noord van Lower Sabie na Tshokwane, die H10. Mens kan diere raaksien vir kilometres vooruit danksy die oop graslande terwyl die pad grasieus kronkel deur knoppies doring en maroela savannah.

Daar is 'n hele paar interessante afdraaie langs hierdie roete wat mens toelaat om die oosterlike graslande en die suidelike Lebombo te ontdek. 'n Uitstekende voëlkyk punt is die laagwaterbrug naby die Lower Sabie Kamp.

Van die beste landskappe in die Kruger kan langs hierdie roete gevind word. By die Mlondozi Dam pieniek plek word jy beloon met 'n asemrowende uitsig oor die pleins en die Lebombo, en 'n kombinasie van voël- en dierelewe langs die water en omringende landskap. Die dam is op die Mlondozi waterweg, wat 'n moeras pad rondom die Muntshe Heuwel weg, a dramatiese granophyre rif wat uitgele is op die Laeveld, en wys uit waar die oosterlike pleins eindig en die Lebombo koppies begin.

Hier is 'n goeie plek om Marabou Ooievaar, Nimmersatte, Kudu, Seekoei en Olifant te sien. Troppe Sebra, Buffel en Wildebeeste kan gereeld gesien word waar hulle oor die omringende pleins trek. Die stroom bokant die dam verander in 'n lang, bedrywige vlei gedurende die reënseisoen, met 'n reeks interessante watergate, die Mafotini, Loskop, Hillside, Muntshe en Rietpan.

Noord van Muntshe in die breë oosterlike grasland pleins sukkel die meeste bome om bo struik vorm uit te kom, behalwe langs die dreinerings lyne, wat gemerk word deur Hardekool en Maroelas. Vir daardie rede is daar minder wild in hierdie graslande teenoor die area noord van Lower Sabie.

Die pad benader dan die Lebombo en klim na die reeks na Nkumbe, een van die beste uitkyk punte in die hele Kruger. Nkumbe is die hoogste punte in die Lebombo, suid van die N'waswitsontso en die aansig oor die wye grasland pleins en die Shilolweni bos vanuit die grasdak skuiling by die uitklim punt is asemrowend en sal vir altyd by jou bly.

Die pad kronkel dan af uit die Lebombo in die doring bos area en gemengde "woodland" vallei van dieTshokwane area.

By die Orpen Dam, op die N'waswitsontso Rivier is daar 'n klein grasdak skuiling, wel geleë op die rand van die Lebombo, wat a goeie uitkyk bied oor die omringende koppies en die onderliggende sandbanke. Hier sal mens die inwonende krokodille en seekoeie sien, sowel as uitstekende voëllewe.


Geskep: ; Laas opgedateer: