Pathfinda
ontdek jou geheime plek

Van Malelane tot Afsaal Piekniek Area


Die H3 teerpad van Malelane to Afsaal gaan verby die Tlhalabye Koppie (630m), oorkruis die Matjulu Rivier en gaan dan deur die randjie van die voet van die koppie in die bosveld van die begin van die sentrale deel van die Krugerwildtuin.
Roofvoëls is volop aan die begin van die roete. Die pad daal van die Malelane berg bosveld in die gemengde knoppiesdoring en boswilg van die Mhlambane opvangsgebied waar die landskap meer oop word.

'n H3 spesialiteit is die witrenoster. Hulle is geneig om meer gesien te word in die bos langs die pad as by Renoster Pan, wat afdraai uit die H3, langs die Mhlambane Spruit.

Afsaal Piekniek Area


Afsaal was oorspronklik gebruik deur die ou transport ruiters as 'n gereelde kamp op die pad Delagoa Baai. Hulle was intelligente observeerders van die bos en moes gesien het dat dit strategies gebou is langs 'n strook van soet gras, wat die heel jaar deur 'n verskeidenheid van bokke aantrek, en daardeur die beste jag geleenthede gebied het op die pad na Krokodilbrug. Daar is vandag nog ou hardekool stompe naby die Josekhule Drif vol merke waar hulle geoefen het om teiken te skiet.

Afsaal is gelëe op gabbro, wat voedsame voer verskaf. Hierdie soetveld gedeeldte in die suurveld verseker dat daar amper altyd diere aktiwiteit rondom Afsaal is by die kruising met Voortrekker Pad (H2-2). Daar is amper gewaarborgde besigtigings van zebra, wildebees en impala en daar is ook gereeld hiënas en wilde honde in die omgewing. Wees op die uitkyk vir die meer ongewone Lichtenstein se hartebees, die suidelike rietbok en rooikatte.

Afsaal na Skukuza


Die pad van Afsaal na Skukaza gaan verby pragtige graniet riwwe langs die rollende landskappe. Die heuwels bied aswemrowende uitsigte oor Sabie se suiderlike water reservoir area. Daar is goeie kanse om jagluiperde en leeus te sien naby die Makhutlwanine Koppies.
Die ingang na Skukuza word gedomineer deur 'n mini afdraende wat die dreinings area van die Sabie Rivier merk. Meer water beteken meer dierelewe en plantlewe kan ondersteun word, daarom is die bome in die Sabie opvangsgebied groter, die bos is digter en 'n groter dier- voëllewe is opmerklik.

Geskep: ; Laas opgedateer: