South Africa
skoonheid jy sal nooit vergeet nie

'n Algemene gesig wat gesien word op die H4-1 tussen Skukuza en Laer Sabie is troppe bobbejane wat in die pad speel. Hulle het al so ontspanne en gewoond aan die verkeer geword dat mens letterlik reg langs hulle kan stop. Hou maar die vensters toe om moontlike onaangename onderonsies te verhoed. Nietemin, deur tyd saam met hulle te spandeer, word mens beloon met hulle amusante gedrag.

Die H4-1 is een van die besigste paaie, wat van tyd tot tyd 'n verkeersknoop kan veroorsaak, veral gedurende die vakansie seisoen en wanneer een van die Groot 5 gesien kan word.

Die bos langs die pad oorkant die rivier is redelik dig, terwyl die plantegroei in die river oop genoeg is om die rivier te sien vir die meeste van die pad. Bosbokke word gereeld in die bosse gesien, terwyl groot troppe rooibokke langs die pad gesien kan word. As gevolg van die groot populasie impalas langs die Sabie Rivier, is dit die ideale area vir luiperds, wat vroeg in die oggend of laatmiddae gesien kan word. Hou die boomtoppe dop vir luiperds wat rus deur die dag of luister vir die waarskuwingsroep van blouape, rooibokke, eekhorings en tarentale, wie almal 'n groot geraas maak as hulle 'n luiperd sien.

Die H4-1 het baie klein ompaadjies na elke kant wat 'n pragtige uitsig van die rivier bied aan die noordekant en 'n wegbreek van die verkeer aan die suide kant. Kyk uit vir seekoeie, olifante en buffels op die oewer van die rivier wanneer jy met hierdie ompaaie ry.

Daar is uitstekende voëlkyk geleenthede langs die H4-1 en hierdie is een van die beste paaie in die wildtuin om die Gewone Vleiloerie te sien en af te neem. Hierdie voël roep gereeld langs die pad voor 'n reënstorm. Byvreters, visvangers, troupante and vele ander kleurvolle voëls is volop langs die H4-1, tesame met roofvoëls en patryse, wat gereeld kos soek langs die pad.



Geskep: ; Laas opgedateer: