Orpen Ruskamp

Orpen Ruskamp is gelëe in 'n area met goeie weiding, met 'n oorvloed van gras en ander plante wat 'n goeie bron van kos is vir 'n groot aantal wild in die area, en dit maak dit een van die top wildsbesigtigings areas in die Park. Die kamp is gelee tussen rotstuine wat wemel van Aalwyne en Barberton Daisies en is gewild onder besoekers, omdat dit omring is deur soet grasvelde wat die grasvreters aantrek, met roofdiere gewoonlik nie ver agter nie.

Herkenbaar vir sy diversiteit van habitat en aktiwiteit, is Orpen Kamp ook baie gasvry, gaste word verwelkom met koue vonkelwyn en versnapperinge.

Intelligente veldgidse verwys besoekers na savannah paaie, skuilings waar wild en voels besigtig word en flora voetpaaie wat gaste self kan aandurf. As 'n alternatief kan gaste die dag langs die swembad deurbring.

Wilde honed word gereeld in die area gesien.

Rabelais Hut, 'n klein museum en informasie sentrum, is net 9 kilometer van Orpen kamp.

Verder aan sal u die Rebelais watergat vind, 'n plek waar groot getalle wild gesien kan word waar hulle ontspan langs die watergat of hulle dors kom les.


Geskep: ; Laas opgedateer: