South Africa
plekke wat jy nooit sal vergeet nie

Die Orpen Dam ompad is 2km van Tshokwane Piekniek area. Die pad draai uit die H10, na die N'wamuriwa Koppies (366m), wat 'n pragtige uitsig bied langs die hele roete.

Die Orpen dam is gelee 7km van die begin van die pad. Dis 'n pragtige uitkykpunt waar mens lekker kan bene strek, met 'n groot grasdak uitkyk area. Van daar kan mens Seekoei, Krokodille en 'n verskeidenhied van voels besigtig.

Leeus, Buffels en Renoster kan gereeld gesien word langs die S32, sowel as Kameelperd en Rooibokke.

Die S32 sluit aan bydie Lindanda Pad, waar die Wolhuter gedenkteken gesien word.

Geskep: ; Laas opgedateer: