S46
Letaba River road

Die S46 loop meestal langs die Engelhard Dam naby die Letaba Kamp. Na die afdraai uit S94 kry mens 'n goeie uitsig van die Engelhard Dam. Daar is baie geleenthede om diere te sien op hierdie roete. Leeus kan gereeld gesien word in hierdie area, soms op die rotse langs die dam. Seekoeie en krokodille in die rivier en troppe olifante en buffels kom ook gereeld afkoel in die water. Luiperds word ook gesien in die bosse langs die pad.,

Die pad langs die rivier het 'n hele paar afdraaie wat reg tot by die water gaan. Hier sien mens volop voëllewe soos reiers, ooievaars, swart riethaan, grootlangtoon, lepelaars en baie meer.

Hierdie is 'n goeie roete vir die laatmiddag, net voor die son sak.

Geskep: ; Laas opgedateer: